Tuesday, May 21, 2013

Spanje

Na 'n lang winter het ons gaan sonskyn soek in Spanje oor Paasnaweek, maar selfs daar het die winter sy "welcome overstay" soos die Engelse sal sê.  Ons het tot in sneeu beland, steeds was dit 'n ongelooflike vakansie.  Die vriendelike mense, pragtige natuurskoon en ongelooflike kos maak Spanje een van ons gunsteling lande in Europa.

Gert kon ongelukkig net Paasnaweek saam kuier terwyl Marna, Lizeli en baba Nicolaas byna twee weke rond getoer het.

Ons foto's:

Ronda




Alpujurras

 









Granada




Seville



Anso (Noord Spanje)




Agüero (Noord Spanje)




Rioja









Plekke langs die pad waarvan ons nie die name kan onthou nie.








Eet in Spanje - Paella


Eet in Spanje -Tapas








Eet in Spanje -Churros

Eet in Spanje -Ham & kaas broodjies



Ontspan in Spanje


Tuesday, July 17, 2012

Noorweë


Die Koningin se Jubilee gekombineer met die Mei “bank hioliday” het ‘n goue geleentheid geskep vir ‘n kort avontuur.  Ons bestemming: Noorweë.

Toe ons op Noorweë besluit het, het ons net aanvaar dat somer 1 Junie in volle swang sal wees, maar nader aan ons vetrekdatum het ons besef somer daag eers middel Julie in die Noorde op so ons moes maar bietjie sneeu en koue aanvat, maar dit het op die ou einde van die dag net die vakansie nog meer van ‘n avontuur gemaak.

Twee dinge oor Noorweë:


 - Noorweë is een van die mooiste lande.
 - Dis ook loshande die duurste land wat ons nog besoek het.


Moet egter  nie dat die laaste punt jou afsit nie, al kos ‘n brood jou drie keer meer as in die VK, jy mag enige plek waar jy kom kamp.  So wat jy ekstra op jou maag uitgee spaar jy op jou bed.  En al is die brood duur is die salm baie goedkoop. 

Behalwe vir kommentaar hier daar laat ek die foto’s die res van die storie vertel.


Die Noorweë geselskap:
Agter van  links: Jaco van Wyk, Sanri, Tessa, Marna*, Gert, Lizeli, Voor: Jaco Wiese

*Vir die wat nie weet nie – Marna raak nie net vet nie daar is ‘n klein van Deventertjie in die oond.





Bergen – ons dag in die stad









“Roadtrip” langs nou kronkel paaie, op veerbote en deur lang tonnels
Noorweërs is nie bang om ‘n tonnel deur ‘n berg te grawe nie.  Die langste pad tonnel in die wêreld is in Noorweë, 27km lank.  Die eerste lang tonnel is opwindend maar daarna raak dit bitter vervelig.










Kamp










Kampkos





Skottelgoed was


Bad




Middernag
Hierdie foto het ons 24:00 geneem, sonder beligting.  Kort hierna het dit weer begin dag raak.  Ons het aand na aand tot na 02:00 langs die kampvuur gekuier sonder om agter te kom, want dit raak nie donker nie.  Geen haas om op te staan en te begin stap of ry nie want die donker sal jou nie oorval nie.


Stap - Preke stoel, Jutenheimen berge en gletser.

































Top vakansie dankie almal.