Saturday, January 17, 2009

Kuba










Die land sonder Coca-Cola
The country without Coca-Cola

Van die 30 plus lande wat ons al besoek het, was Kuba die eerste waar die alombekende Coca-Cola handelsmerk nie te siene was nie en die swart lafenis nie vrylik vloei nie.
(Nota: Kuba, Noord-Korea en Sudan is die enigste lande ter wêreld waar Coke nie vrylik beskikbaar is nie).

Out of the 30 plus countries that we have traveled to, Cuba was the first where the well-known Coca-Cola trademark were not to be found. There are only three countries in the world where Coke isn't freely available: Cuba, Sudan and North Korea.

Om Kuba in konteks te plaas moet ons begin met 'n kort oorsig van die eiland se geskiedenis. (As jy die 'n mis wil gee, ignoreer die groen deel hieronder.)

To put Cuba in context you have to look at their history. Unfortunately English friends we did not translate our overview below, but if you are interested visit Wikipedia - http://en.wikipedia.org/wiki/Cuba

Kuba is ontdek vir die Weste in die 15e eeu deur Christopher Columbus. Tot en met die draai van die 19e eeu was die eiland 'n Spaanse kolonie, kosbaar vir sy tabak en suiker produksie.
Gedurende die 19e eeu moes die koloniale magte verskeie opstande en rebellies onderdruk. In 1895 het die 2e Vryheidsoorlog uitgebreek, nie die Spanjaarde nog die Nasionaliste kom die oorhand kry nie. Die VSA, wat nou verskeie besigheidsbelange op die eiland gehad het, het ingegryp en die Nasionaliste gehelp om die koloniale magte te verslaan.

Nou onafhanklik van Spanje was Kuba onder Amerikaanse bestuur. In 1902 het die Republiek van Kuba tot stand gekom , maar die eiland was steeds 'n protektoraat van Amerika wat onbeperk in die Kubane se slaai kon krap. Twee derdes van die eiland se suikerproduksie was na Amerika uitgevoer teen uitbuit pryse wat deur Washington vasgestek was. Die welvaartsgaping tussen die werkersklas en die hoër- en middel inkomste het al hoe weier gerek onder 'n regering wat die VSA se belang eerste op die hart gedra het. Soos suikerpryse gefluktureer het, het die regering hande gewissel tussen korrupte leiers met Amerika wat probeer om nie ooglopend in te meng nie.

In die 1940's het Batista in die prentjie gekom. Na 'n staatsgreep in 1952 het hy homself as diktator gevestig. Batista het 'n skrikbewind gevoer tot en met 1959 toe Fidel Castro en sy guerilla magte na 'n 3 jaar lange veldtog die regime omver gewerp het. Onder sy guerillas was die ikoon Ernesto (Che) Guevara (ons sal later meer oor hom sê).

Castro het onmiddelik Sosialisme ingestel en later Kommunisme. Baie van die welgesteldes en intelegentia het in reaksie op die ekonomiese hervorming na Amerika gevlug en van daar af die revolusie aangeveg. Terug in Kuba is ongeletterheid uitgeroei en 'n wêreldklas mediese stelsel tot beskikking van alle Kubane op die been gebring. Alle privaat belange is genasionaliseer en met behulp van die USSR (wat al te bly was om 'n maatjie binne "tref afstand" van Amerika te maak) het Kuba gefloreer. Die ekonomie was egter afhanklik van handel met die USSR en met die val van laasgenoemde in die 1990's was die eiland in 'n ekonomiese krisis gedompel. Alle brue na Amerika was verbrand en ook die na baie ander lande. Dinge het skielik agteruitgegaan.

Vandag is Kuba 'n afgeleefde land wat kop bo water hou danksy die reddingsboei wat toerisme uitgooi. Dit is 'n land vasgevang in hul revolusionere sukses van vyf dekades gelede en wat wag om aan te beweeg.

Deventers in Kuba

Ons het twee weke lank deur Kuba getoer. Die eiland is die grootste van die Karibiese eilande en byna so groot soos Engeland en ons het min of meer die hele westelike helfde gedek. Ons wou graag die eiland besoek voor Fidel Castro se dood, aangesien almal verwag dat dinge vinnig sal verander daarna.

We traveled to Cuba for tw0 weeks. The island is the biggest of the Caribbean islands and almost as big as England. We wanted to go to Cuba before Fidel Castro dies as we expect things will change quickly and significantly after his death.

Daar is twee ekonomiëe in Kuba, die Peso ekonomie ($1 = 24 Pesos) en die Convertible Peso
($1 = 1 Cuc) ekonomie. Mens kry egter slegs 0.8 Cuc vir $1, 'n ekstra "premie" vir die Amerikaners, of eerder vir die Kubane wat na Amerika toe gevlug het en $'s vir familie stuur, die VSA verbied tans hulle burgers om Kuba te besoek. Ons het gelukkig £'e gevat waarop mens sleg gewone kommissie betaal. Jy moet wel al jou sakgeld saamneem, want daar is geen OTM's nie en waar jy jou kredietkaart kan gebruik betaal jy 10%+ kommissie.

Die Cuc ekomonie is ingestel vir ons, die toeriste. Alles in die toerisme realm word betaal in Cuc, maar ook enige ingevoerde produkte. Die Peso ekonomie is vir die Kubane, hulle word betaal in Pesos ('n skoonmaker word sowat 400 Pesos betaal per maand, 'n dokter 600-800) en daarmee kan hulle basiese noodsaaklikhede koop, basiese kos vervoer ens, maar soos ek genoem het enige ingevoerde produkte, wat toiletware en klere insluit moet in Cuc betaal word. Dus het alle Kubane Cuc nodig, die enigste manier hoe hulle dit kan bekom is deur familie in Amerika wat geld terugstuur of om footjies van toeriste te verdien.

Peso kos word meestal by straatstalletjies, op markte en by sommige winkels verkoop, maar die winkels het dikwels net een of twee produkte, eiers, rys ens. Maar die sogenaamde Dollar winkels waar ingevoerde produkte verkoop word is ook maar leeg, 'n Kubaan sal 'n hartaanval kry in Teso's of Pick & Pay. En die Dollar winkels is duur, 'n yskas kos byvoorbeeld $800, ek onthou nog ek het my eerste yskas vir net oor 'n R1000 gekoop. Vir toeriste (met hulle Cucs) is daar 'n groter verskeidenheid kos beskikbaar, wel ten minste op die spyskaart, maar meestal is ten minste 2 of 3 van die opsies nie beskikbaar nie. Op straat kan mense vir Pesos basiese Pizzas of hambroodjies eet saam met die Kubane. So moenie Kuba toe kom vir hulle "cuisine"nie, jy mag dalk teleurgesteld word.

There are 2 economies in Cuba, a peso ($1=24 Pesos) economy for the locals and the Convertible Peso economy ($1=1Cuc) for tourists. Locals earn and buy food in Pesos, but any imported products including toiletries have to be paid in Cuc. Therefore all locals need to get hold of some Cuc, which is difficult for Cubans that do not work in the tourist industry where they can earn tips. All tourist activities are paid in Cuc. Talking about food, menu options are limited and often your first and second choice will not be available, so don't come to Cuba for their cuisine.

Hambroodjie "kiosk" /Ham sandwich shop

















'n 8p Vark hamburger /8p Pork Hamburger
























1/2 Dosyn broodjies vir ontbyt / 1/2 a Dozen buns for breakfast
























Hoenderaandete / Chicken Dinner

























Die regering het vanaf 2 jaar gelede mense begin toelaat om kamers in hulle huise aan toeriste te verhuur, amper soos 'n gastehuis, hierdie huis staan bekend as Casa Particulars. Casas word streng gereguleer en moet 130 Cuc belasting betaal per kamer per maand, teen $25 per nag beteken dit dat jy eers wins maak na die sowat 60ste persoon wat by jou bly. Ons het in hierdie Casas tuisgegaan in al die dorpe wat ons besoek het. Die kamers is altyd baie netjies en die mense vriendelik. Pryse is oral dieselfde en om eerlik te wees was die vakansie baie duurder as wat ons verwag het, dit was ook die algemene gevoel onder die ander toeriste wat ons ontmoet het. Snaaks genoeg is dit duurder om onafhanklik te "backpack" as om 'n pakket, wat alles insluit, te neem. Maar met 'n pakket bly jy in 'n oord en is Kuba maar net nog 'n eiland, nie wat ons ingedagte gehad het nie.

The government allows locals to rent out rooms in their houses. They get heavily taxed to have these rooms even if they do not have occupants, but at least they have an opportunity to earn some Cuc. We mostly stayed in these Casa Particulars, as they are called.

Kubane is gek oor roomys. Selfs in die swaar tye was daar glo roomys beskikbaar. Mense staan ure in rye buite Copellia, die staat se roomyskafee, om roomys te koop. Slegs die geur van die dag (vanilla, sjokelade of aarbei) is beskikbaar. Jy kan enige aantal tussen 1 en 7 bolletjies bestel teen 0.60 Pesos per bolletjie (sowat 2p). Die Kubane neem die 7 bolletjie opsie, eet en of 2 daar en gooi die res in 'n plastieksak om huis toe te neem. Ons het self net onder 'n uur in die ry gestaan om in te kom in Pina de Rio se Copellia tak, die mense het ons aangestaar toe ons net 2 bolletjie roomys elk bestel.

Cubans are crazy about ice cream. They will queue for hours outside the government’s ice cream parlour, Coppelia, to buy whatever flavour they sell in that hour. They will order the maximum allowed seven scoops, eat two and take the rest home in plastic bags.

Gert met ons roomyse / Gert with our Ice creams


































Die ander ding waarvoor Kubane groot kapasiteit het is rum, hulle drink dit skoon soos water en dit lyk of dit hulle niks maak nie. Geen Kubaan drink Mojito's nie, dit is 'n vir toeriste uitgedink soos meeste ander "cocktails".

Cubans can also drink copious amounts of rum, seemingly unaffected. No Cuban will drink a Mojito, they are for tourists.

Mens sien geen advertensies op straat nie, daar is wel groot advertensie borde soos ons dit ken, maar eerder as om Colgate of Coca-Cola te adverteer is die gevul met propagande slagspreuke en foto's van die revolusie helde. Hulle skroom ook nie om hulle gevoel teenoor die VSA uit te beeld nie.

There are no advertisements in Cuba, the bill boards are there but they are used for propaganda and praising the revolutionary heroes.





































Che se gesig is oral, Fidel s'n minder maar op sy beurt word hy op elke tweede muur aangehaal. Hy het immers verskeie toesprake van tot 7 ure op sy dag gelewer wat 'n magdom wyshede opgelewer het om aan te haal. Ons gaan julle nie weer verveel met 'n mini biografie van Che nie, maar as jy nuuskierig is oor sy lewe gaan lees hier ->http://en.wikipedia.org/wiki/Che_guevara. Daar is een foto van Che wat besonders gewild is (kan op die webblad hierbo dit sien) wat oa gebruik is vir die staal afbeelding hieronder. Dit is ook die foto wat op soveel hemde, vlae, koffiebekers ens regoor die wereld verskyn en op enige denkbare plek in Kuba. Vele liberale denkers, onderdruktes, rebelle ens of tieners wat dink dit is "cool" identifiseer met hierdie beeld van Che. Die foto is geneem deur 'n fotograaf genaamd Korda, hy het homself so genoem want het hy geglo dit klink soos Kodak, tydens die begrafnis van die slagoffers van 'n Franse boot wat na bewering deur die CIA opgeblaas is. Korda het 'n kopie van die foto aan 'n Italiaanse fotograaf persent gegee. Che is kort hierna vermoor in Bolivia en die Italianer het besef hoe waardevol die foto is. Hy het miljoene afdrukke gemaak en dit oor die wereld verspei sonder om Korda se toestemming te kry of om hom te vergoed. Jare later toe Smirnoff die foto in 'n advertensie wou gebruik het Korda hulle hof toe geneem, want het hy gese: Che het nie eers gedrink nie. Hierdie foto het verseker 'n groot bydrae gemaak tot die ikoon wat Che vandag nog is.
Die CIA het nie net bote opgeblaas nie, maar ook 'n pes onder die varke laat uitbreek, swamme in die land gesmokkel wat onderskeidelik suiker- en tabakoeste verwoes het. Om nie eers te praat van al die aanslae wat hulle op Fidel Castro se lewe gemaak het nie. (Bron: Museo de Revolucion).

Che Guevara's face is everywhere to be seen. Hero that he was, you almost get tired of it.

Che oorkant Plaza de Revolucion /Che across the road from Plaza de Revolucion

















'n Mosaic van Che in Mantanza
























Jy gaan sukkel om 'n boek te kry wat nie oor Che of die Revolusie handel nie.

















Soos enige Karibiese eiland het Kuba pragtige strande. Tydens die Batista regering was die laer inkomstegroepe verbied om op die strande te kom. Na die revolusie was die strande oop vir almal. Vandag word toegang tot baie strande beperk tot toeriste.

Like any Caribbean Island, Cuba as beautiful beaches.




















Kubane mag amptelik nie met toeriste meng nie. In meeste dorpe sal die alomteenwoordige polisie 'n Kubaan vermaan wat 'n toeris "pla".

Buicks, Phantoms, Chevs, Stude Bakers en vele ander klassieke motors uit die 50's en 60's is oral in die strate te sien. Hierdie motors word op innoverende maniere aan die loop gehou aangesien die VSA se handelsblokkade die eiland van nuwer modelle weerhou. Daar is wel nuwe motors van Koreaanse en Europese vervaardigers, maar hierdie is meestal huur motors vir toeriste, want 'n Kubaan moet toestemming van die staat kry om 'n nuwe motor te koop. Na die val van die USSR, toe olie skaars was op die eiland, het die perdekar weer sy eerstydse faam herleef. Vandag nog word perdekarre baie gebruik.

Buicks, Phantoms, Chevs, Stude Bakers and many other old classics from the 50's and 60's fill the Cuban streets.

















Net so baie van die ou motors wat jy in die strate sien ry, so baie staan langs die pad met iemand onder die enjinkap doenig.

For every two old cars you see driving in the street, you'll see one at the side of the road with somebody under the bonnet trying to revive the old machine.

















Ondanks die ekonomiese omstandighede, gee rum en salsa lewe aan die strate. Karibiese ritmes en note (wat eintlik aan Afrika behoort en saam met die slawe oor die Atlantiese Oseaan geimmigreer het) peul oral by vensters en deure uit wat die eiland 'n ongelooflike atmosfeer gee.

Rum, salsa and Caribbean rhythms give life to the streets, despite the economic circumstances.

Die mense in Kuba is arm, maar die mense het almal kos en 'n baksteenhuis, alhoewel baie van die huise uitmekaar val. Hulle is beter af as die mense in Suid-Afrika se plakkerskampe, maar hulle het min en lewe baie eenvoudig. Die gemiddelde GDP per persoon in Kuba is hoër as die van Suid-Afrika, het ons na die tyd op Wikipedia uitgevind. As ons dan aan soveel meer gewoond is, hoe kan dit dan wees dat die gemiddeld in ons land laer is as in Kuba? Ons kon nie help om twee keer te dink oor kommunisme en die voordele wat dit tog inhou nie, maar dit is ook duidelik nie die ideale stelsel nie. Daar moet 'n goue middeweg wees, of soos van die meer linkse vriende wat ons daar gemaak het dit noem: "The third way".

The people in Cuba are poor, but they do have food to eat and a brick house to live in. That is more than what many people in South Africa have. The average GDP per person in Cuba is actually higher than that of South Africa, if we are then used to so much more than what we have seen in Cuba how can it be that the average person in our country have less? You can't help reconsidering communism and the advantages of the system, but it is obvious that it is not the ideal system, there must be a third way.

Ander waarneminge:

- Jy kan 24 uur 'n dag vars brood by die bakkery koop, nie sleg vir kommunisme nie.

- Die staat besit al die beeste op die eiland, 'n individu kan slegs varke en hoenders besit.

- Handgemaakte sigare word van begin tot einde deur net een persoon gemaak. Elke sigaar word individueel vir kwaliteit getoets en indien daar fout is word dit teruggestuur na dieselfde werker om dit oor te rol. Een werker rol gemiddeld so 150 sigare 'n dag, hang af van die grootte. (die buite blaar is iets besonders, dit is asof die blaar leeragtig is en jy kan dit frommel soos materiaal)

- Sigaarrollers luister nie radio terwyl hulle werk nie, daar word vir hulle voorgelees uit die koerant en boeke (ongetwyfeld soms 'n Fidel toespraak).

- Cohiba en Robaina is die beste sigare wat in Kuba gemaak word. Eersgenoemde is aanvanklik spesiaal vir Fidel Castro en was tot onlangs nie op die mark beskikbaar nie.

- Een van die provinsies van Kuba, Granma, is vernoem na die boot waarmee Castro en sy Guerillas in Kuba aangeland het. Die boot kan gesien word by die Museo de Revolucion saam met lepels ens wat deur die Guerillas tydens hulle veldtog gebruik is.

- Kubane het nie toegang tot die internet nie. As jy die internet wil gebruik moet jy jou paspoort wys sodat hulle kan bevestig dat jy nie 'n Kubaan is nie.

Tabak tot sigare / Tabacco to sigars

































Ander Kuba tonele / Other Cuban Scenes






























































































































































































































































Kubane is gek oor bofbal.