Wednesday, July 8, 2009

Israel & Petra













Ons het die voorreg gehad om so bietjie meer as 'n week in Israel te spandeer ingesluit 'n kort besoek aan Petra, Jordanië.

Jerusalem

Luke 13:34-35 34
"O Jerusalem, Jerusalem, you who kill the prophets and stone those sent to you, how often I have longed to gather your children together, as a hen gathers her chicks under her wings, but you were not willing! 35Look, your house is left to you desolate. I tell you, you will not see me again until you say, 'Blessed is he who comes in the name of the Lord."

Jesus se woorde waar Hy op die Olyfberg gestaan het en oor Jerusalem gekyk het, dit het verseker baie anders gelyk as die foto hieronder wat ons vanaf die Olyfberg geneem het. Vir een: waar die Dome of the Rock (die moskee met die goue koepel) staan op Tempelberg het die tweede tempel gestaan, die mees heilige plek vir die volk Israel.

(Ons het 'n paar dele uit die Bybel aangehaal om ons ervaring aan te vul)
















Ons het nog nooit vantevore 'n stad met soveel bekoring soos Jerusalem besoek nie. Mens kan Jerusalem met al jou sintuie ervaar. Jy sien die Klaagmuur met die Dome of the Rock wat op Tempelberg gebou is en bietjie links loer 'n kerktoring uit. 'n Ortodokse Jood prewel 'n gebed terwyl hy haastig verby jou stap (hulle is altyd haastig wil dit voorkom) terwyl die moskee hulle aandgebede sing en erens lui kerkklokke. Jy loop voortdurend in die reuk van sterk speserye, vrugte en vars gebakte brood in die nou straatjies raak. En dit is warm, baie warm, maar jy voel dit dieper ook, jy voel hoe betekenisvol Jerusalem is. Soveel van die dinge wat ek hierbo noem is teenstrydig, maar een element is in gemeen en dit is dat Jerusalem 'n belangrike plek is:
2 Chronicles 6:6a
But now I have chosen Jerusalem for my Name to be there

Ons het 'n Mesiaanse Jood gekry om ons 'n dag lank in Jerusalem rond te neem. Ons wou spesifiek 'n Mesiaanse Jood hê wat vir ons 'n Christelike perspektief kon gee in die Joodse konteks waarin ons onself bevind het. Dit was 'n baie interessant dag en ons sal bietjie meer vertel saam met die foto's hieronder. Ons het ook interessant leesstof gehad wat mens help om Jerusalem en die staat Israel te verstaan, in konteks met die Bybel en veral die professië.

Die hoogtepunt van Jerusalem is net om daar te wees en dit te ervaar. Baie van die besienswaardighede is maar 'n teleurstelling. Op elke plek waar daar beweer word dat Jesus iets gedoen het is 'n kerk gebou, die is meestal maar koud en dood en ons het glad nie 'n gevoel daarvoor gekry nie. Om hierdie rede het ons nie juis baie foto's geneem van al die tipiese besoekpunte nie. Hier so enetjie.

Die tuin van Getsemane (net links vanwaar ons die foto geneem het is 'n tipiese kerk wat oral te siene is).


















Wat wel iets besonders was, was om op die Olyfberg te staan en na Jerusalem te kyk met sy moskees, kerke en reusagtige mure. (Verwys na die foto hierbo). Teen die Olyfberg is 'n groot Joodse begrafplaas, hier was 'n ortodokse Jood besig om by een van die grafte te bid. Nie enige Jood kry hier 'n lêplekkie nie, dit is meestal beperk tot die belangrikstes onder die rabbies en ander skrifgeleerdes.

















Naas die Olyfberg het ons besoek aan die Klaagmuur uitgestaan. 'n Stuk muur wat vir die Jode die mees heilige plek in die wêreld is, aangesien dit die enigste oorblyfsel is van die tweede tempel wat eerstyds op die Tempelberg, waar die Dome of the Rock nou staan, gestaan het.







































Die gleufies van die muur is gevul met gebedsversoeke wat op velletjies papier geskryf, styf opgevou en so diep moontlik in die muur gedruk word. Ons was op verskeie geleenthede by die muur en altyd is daar mense wat daar bid. Die muur is oop vir mense van alle gelowe, maar die toegangsarea word swaar bewaak daar die IDF (Israel Defence Force).































Die Dome of the Rock van nader

















Die Bybel sê oor Tempelberg:

Micah 4:1-3 1
In the last days the mountain of the LORD's temple will be established as chief among the mountains; it will be raised above the hills and peoples will stream to it. 2 Many nations will come and say, "Come, let us go up to the mountain of the LORD, to the house of the God of Jacob. He will teach us his ways, so that we may walk in his paths." The law will go out from Zion, the word of the LORD from Jerusalem.
3 He will judge between many peoples and will settle disputes for strong nations far and wide. They will beat their swords into plowshares and their spears into pruning hooks. Nation will not take up sword against nation, nor will they train for war anymore.

Jerusalem is 'n pragtige stad. Alles in die ou stad is uit klip gebou, al die huise, stegies en natuurlik die reuse muur wat die stad omring. Die stad is in kwarte verdeel, die Arabiese kwartier, die Christen kwartier, die Armeense kwartier en die Joodse kwartier. Elke deel lyk en voel heeltemal anders as die ander. Die Arabiese kwartier is besig, deurmekaar en lewendig met sterk geure. Die Christen kwartier is rustiger maar hier is dit ook meestal Arabiere wat die winkels besit, hulle verkoop hier net kruisies en dinge ipv Alladin lampies. Die Joodse kwartier is silwer skoon en grafstil in vergelyking met die Arabiese deel. Die Armeense deel is eintlik baie soos die Christen kwartier.












































































Die See van Galilea
Van Jerusalem af het ons met die weskus langs opgery en binneland toe gesny na die See van Galilea.
Cesarea, die hawestad wat Herodes and die weskus van Judea gebou het om die Romeine te beindruk, Gert loop hier oor die arena waar hulle met hule strydwaens wedrenne gehou het.
















Soos in Jerusalem is daar 'n kerk gebou op elke plek waar Jesus was. Dit was wel lekker om die omgewing te sien en jouself te kan indink hoe dit gelyk het in die Bybel se tyd. Ons het sommer langs die meer gekamp, dit was baie warm.







































Met die terugkeer van die Jode na Israel, het hulle dadelik met landbouaktiwiteite begin. Die see van Galilea, wat gevoed word deur die Jordaan rivier, is hulle hoof bron van vars water, dus is baie van die landbou gesentreer in die Noordelike deel van Israel, nie dat die tekort aan water hulle stop om in die woestyn te boer nie. Israel is wêreldbekend vir hulle besproeiings tegnologie, of dit volhoubaar is, is natuurlik 'n ander vraag.

Amos 9:14
I will bring back my exiled people Israel;
they will rebuild the ruined cities and live in them. They will plant vineyards and drink their wine; they will make gardens and eat their fruit.

















Die Dooie See

Die Dooie See is die laagste punt op aarde. Die see is geleë 422m onder seespieël. Met ons besoek aan die Dooie see strek die hoogtes wat ons al by was van -422m tot +5100m. Die Dooie see het 'n sout konsentrasie van 33.7% wat dit 8.6 keer souter maak as die see. In kort, die Dooie see of eerder meer, word gevoed deur die Jordaan rivier, maar het geen uitlaat nie. Omdat die meer in 'n woestyn geleë is en dit baie warm is (dit was steeds 33 grade Celsius toe ons 10 uur die aand gaan slaap het in ons tentjie) verdamp die water wat opdam baie vinnig en laat die minerale dws soute agter wat tot gevolg het dat die meer ongewone hoë soutvlakke het.

As jy meer wil weet oor die Dooie see gaan lees ->http://en.wikipedia.org/wiki/Dead_Sea
Dit is 'n ongelooflike ervaring om soos 'n proppie op die Dooie see te dryf, maar die water is bitter sleg. Nie dat ons dit gedrink het nie, mens sal doodgaan. Die kleinste druppeltjie op jou tong laat 'n aaklige smaak na.


































Masada

Masada is die fort wat Herodes op 'n geisoleerde rostplato in die suide van Israek laat bou het. Herodes was miskien 'n wrede koning, maar hy was sy tyd vooruit as dit by konstruksie en argitektuur gekom het.

Daar was omtrent 'n hele dorpie bo op die plato met groot voorrade water en kos sodat die inwoners vir lang tydperke bo-op die berg sou kon oorleef.

Rondom 70NC het die Jode in opstand gekom teen die Romeinse besetting van Judea. (Dit is tydens hierdie opstand dat die Romeine die tweede tempel vernietig het.) 'n Groep Jode het daarin geslaag om van die Romeine te vlug en het hulle gaan vestig op Masada. Hulle het 'n paar jaa hier gebly voor die Romeine besluit het om die vesting te beleer. Die Romeine het telke male probeer maar kon nie deur die muur rondom die vesting breek nie. Na 3 maande het die Romeine 'n oprit gebou teen die berg op en uiteindelik daarin geslaag om deur die muur te breek. Volgens oorlewering het hulle eers laat die aand daarin geslaag om deur te breek en besluit om eers die volgende oggend die vesting in te val. Daardie aand het die inwoners van Masada 'n vergadering gehou en daar is besluit dat dit beter sou wees om te sterf as om in slawerny weggevoer te word. Daar is lootjies getrek en die op wie die loot geval het, het hulle mede inwoners om die lewe gebring en daarna hulself. Twee vrouens en paar kinders het in een van die watertenks weggekruip en het oorleef om die storie te vertel.

Masada is 'n ikoon vir die Jode. Lede van die IDF lê die eed van Masada af aan die einde van hulle diensplig (Alle mans doen drie jaar diensplig en meisies een jaar), hulle klim die berg in die nag uit en lê die eed bo-op die berg af, die eed eindig met: "Masada sal nie weer val nie".

'n Onderwyser het op 'n stadium die feit dat Masada so aangehang word bevraagteken, sy standpunt was, dat indien alle Jode gedoen het wat die inwoners van Masada gedoen het sou die Joodse volk nie meer bestaan het nie, moet hierdie mense dan vereer word?
Dit was ongelooflike warm toe ons 5 uur die oggend teen Masada uitgestap het, 'n lekker steil stappie wat ons so half uur geneem het, ons was pap nat toe ons bo kom. Maar ons was beloon met 'n pragtige sonsopkoms oor die Dooie see.





































Van Masada af het ons verder suid gery deur die woestyn na Eilat. Hieronder 'n paar woestyntonele.






































Kos in Israel

Shwarma's, pita en houmous, roomys en vrugte.














































































Die Negev

Van Eilat het ons deur die Negev woestyn gery, terug Jerusalem toe. Ons het een nag in die Mispa Ramon krater geslaap, die woestyn het darem sy eie betowering en die sterrehemel is onbeskryflik mooi.









































































Sedert die totstandkoming van die staat van Israel in 1948, heers daar 'n permanente toestand van oorlog in die land. Soos ons vroeër so vinnig genoem het, moet alle skoolverlaters, meisies ingesluit, diensplig doen. Daar is letterlik oral soldate wat met 'n masjiengeweer oor die skouer rondloop, jong mense wat kamp langs die see van Galilea en sonder hemp staan en braai met die geweer oor die skouer, of in die supermark vrugte staan en deurkyk met die lastige geweer aan die sy, of by 'n busstop wag met 'n toksak en haar geweer. Soos mens deur die Golan gebergtes of die Judea-woestyn ry, sien jy gereeld pantservoertuie en elke nou en dan vlieg daar 'n vegvliegtuig oor jou kop. Oorlog is hier deel van die alledaagse lewe.

Daar is baie te sê oor die politieke situasie in die midde ooste, ons opinie: Israel sal altyd daar wees en daar sal vrede kom, maar nie deur mensehande nie.
Genesis 16:7-12
7 The angel of the LORD found Hagar near a spring in the desert; it was the spring that is beside the road to Shur. 8 And he said, "Hagar, servant of Sarai, where have you come from, and where are you going?" "I'm running away from my mistress Sarai," she answered.
9 Then the angel of the LORD told her, "Go back to your mistress and submit to her." 10 The angel added, "I will so increase your descendants that they will be too numerous to count."

11 The angel of the LORD also said to her: "You are now with child and you will have a son. You shall name him Ishmael, for the LORD has heard of your misery. 12 He will be a wild donkey of a man; his hand will be against everyone and everyone's hand against him, and he will live in hostility toward all his brothers."
















Petra
Ons het vir twee dae Jordanië toe gegaan om een van die nuwe wonders van die wêreld, Petra, te besoek. Petra beteken, "skeur in die rots", en is bekend vir sy rots argitektuur.

Dit is 'n ongelooflike plek, jy kan nie die detail en die skaal van hul handewerk glo nie, en die kleure van die rots is ongelooflik. Foto's gee nie werklik die prag van Petra weer nie, maar ons het probeer.

Ons gaan nie veel meer se oor die geskiedenis van Petra nie, maar gaan lees hier vir meer inligting: http://en.wikipedia.org/wiki/Petra

Die poort wat lei na die stad:


























En dan:


























Die Tesourie (Tresaury), was oorsponklik 'n graf, die mees indrukwekkende van die plekke was grafte. Volgens die legende, het die faro sy skatte in die kruik bo-op die graf weggesteek, van daar die naam.











































Die kleure van die rotse is iets besonders, maar kom nie heeltemal lewensgetrou op foto's uit nie.




































Vir kilometers ver langs die droë rivierloop is huise, grafte, tempels ensomeer uit die sandsteen rotse gekap.














































































Na 'n lang en warm stap teen een van die berge uit kom jy af op die mooiste van al die strukture, die "Monastry"



































Kyk mooi, Gert is op die foto.