Die Koningin se Jubilee gekombineer met die Mei “bank
hioliday” het ‘n goue geleentheid geskep vir ‘n kort avontuur. Ons bestemming: Noorweë.
Toe ons op Noorweë besluit het, het ons net aanvaar dat
somer 1 Junie in volle swang sal wees, maar nader aan ons vetrekdatum het ons
besef somer daag eers middel Julie in die Noorde op so ons moes maar bietjie
sneeu en koue aanvat, maar dit het op die ou einde van die dag net die vakansie
nog meer van ‘n avontuur gemaak.
Twee dinge oor Noorweë:
- Noorweë is een van die mooiste lande.
- Dis ook loshande die duurste land wat ons nog besoek het.
- Noorweë is een van die mooiste lande.
- Dis ook loshande die duurste land wat ons nog besoek het.
Moet egter nie dat
die laaste punt jou afsit nie, al kos ‘n brood jou drie keer meer as in die VK,
jy mag enige plek waar jy kom kamp. So wat
jy ekstra op jou maag uitgee spaar jy op jou bed. En al is die brood duur is die salm baie
goedkoop.
Behalwe vir kommentaar hier daar laat ek die foto’s die res
van die storie vertel.
Die Noorweë
geselskap:
Agter van links: Jaco
van Wyk, Sanri, Tessa, Marna*, Gert, Lizeli, Voor: Jaco Wiese
*Vir die wat nie weet nie – Marna raak nie net vet nie daar
is ‘n klein van Deventertjie in die oond.
Bergen – ons dag in
die stad
“Roadtrip” langs nou
kronkel paaie, op veerbote en deur lang tonnels
Noorweërs is nie bang om ‘n tonnel deur ‘n berg te grawe
nie. Die langste pad tonnel in die
wêreld is in Noorweë, 27km lank. Die
eerste lang tonnel is opwindend maar daarna raak dit bitter vervelig.
Kamp
Kampkos
Skottelgoed was
Bad
Middernag
Hierdie foto het ons 24:00 geneem, sonder beligting. Kort hierna het dit weer begin dag raak. Ons het aand na aand tot na 02:00 langs die
kampvuur gekuier sonder om agter te kom, want dit raak nie donker nie. Geen haas om op te staan en te begin stap of
ry nie want die donker sal jou nie oorval nie.
Stap - Preke stoel, Jutenheimen berge en gletser.
Top vakansie dankie almal.
No comments:
Post a Comment