Sunday, January 23, 2011

Mexiko











Ons het die geleentheid gehad om net na Kersfees vir twee weke in Mexiko te gaan rond ry. Mexiko is ‘n massiewe land, 15de grooste in die wêreld en strek oor net minder as 2 miljoen vierkant ‘n meter. Alhoewel ons 3,000+ kilometer in die 2 weke gery het, het ons maar ‘n baie klein deeltjie van hierdie kleurvolle land gesien (sien die blou gedeelte op die kaart hieronder om ‘n idee te kry).

Driewoorde vir Mexico: Kleurvol, Geurig en Vriendelik. Maar eers iets oor die plekke waar ons was.






















Mexiko Stad

Mexiko Stad het 23 miljoen inwoners en is die tweede grootste stad in die wêreld. Ons was maar meestal in die ou gedeelte van die stad wat hanteerbaar is. Mens kry eers ‘n werklike idee van hoe groot die stad is as jy daaroor vlieg.










































Minder as 100 jaar terug was Mexico stad omring met mere. Verskeie kanaalstelsels was in plek om vars produkte en mense te vervoer. Vandag is Xochimilio die enigeste kanaalstelsel wat nog gebruik word. Hier is honderde helderkleurige bootjies met toeriste en Mexikane wat 'n waterpiekniek geniet. As jy nie jou eie kos ingepak het nie kan jy iets van die drywende stalletjies koop, of jy kan 'n orkes nader wink vir bietjie musiek.































Marna se naamgenoot boot.

















Aqua Azul

Oppad van Palenque na San Cristobal is die mooiste waterval. Die helderblou kleur is agv die kalksteen wat in die rivier opgelos is.


















San Cristobal

Een van die mooiste en kleurvolle koloniale dorpies in Mexico. Verskeie minderheidsgroepe bly in dorpies rondom San Cristobal. Die Zapatista rebellegroep is ook gesetel in hierdie area, jy kan selfs vir jou ‘n rebelle poppie met swart mus en AK-47 op die mark koop. Die Zapatista veg vir die grondregte van minderheisgroepe, maar benader die onderwerp deesdae op die politieke speelveld eerder as deur geweld.





























































Oaxaca

Oaxaca is weereens ‘n kleurvolle en kultuurryke provinsie, veral bekend vir sy kos en spesifiek vir Mole. Mole is ‘n sous wat in verkeie disse gebruik word. Elke Mole is anders en kan tot 20 bestandele in hê. Meestal sal die bestandele tjillies, kakao, kaneel, amandels, knoffel, tamaties en uie insluit. Dit klink na ‘n vreemde klomp goed saam, maar dit smaak fantasties. Hou in gedagte dat kakao oorspronklik in Mexico “mak” gemaak is en dat dit hier altyd as drankie geniet is en glad nie soet was nie. Die Spanjaarde het dit teruggeneem Europa toe waar hulle suiker en melk bygevoeg het om sjokelade te maak wat ons vandag met kakao assosieer.
















































































Kuslangs

Ons het met Oaxaca se kus langs gery tot in Acapulco. Dit herinner mens baie aan Natal se kus, tropies met reuse branders. Ons het probeer swem maar na ons ‘n paar keer hard teen die sand gegooi is het ons opgegee. Acapulco is soos Margate op steriode, ons het darem ‘n stil strandjie net buite die stad opgespoor waar ons oorgebly het.





























































Taxco

Oppad terug Mexiko Stad toe het ons by Taxco oorgebly. Die dorpie is in die berge gebou en het die stylste klip paadjies. Ons het 'n paar keer asem opgehou om te sien of 'n Kewer-taxi 'n bult sou uitkom, party het dit gemaak en ander nie, wie dan tevergeefs moes omdraai. Ons was weer uit asem as ons self 'n bultjie moes uitloop. Hierdie pragtige dorpie is 'n nasionale monument.























































































Ruines

Mexiko was die tuiste van verskeie stamme voor die Spanjaarde in die 1,500s opgedaag het. Elke stam het sy eie unieke kultuur en gebruike gehad wat meestal om hulle godsdiens gedraai het. Danksy siektes, waarteen die plaaslike inwoners nie bestand was nie, en gewere het die Spanjaardes gou die oorhand gekry en vandag is net ruines oor om die Mayas, Olmecs, Aztecs, Zapotecs en vele ander se strories te vertel.

Teotihuacan



Die misterieuse geboorteplek van die Aztecs se gode is geleë net buite Mexico Stad. Die Piramiede van die Son hieronder is die derde grootste piramiede in die wêreld.






















































Palenque

Maya ruines omring deur tropiese woude.

































Monte Alban

Net buite Oaxaca stad het die Zapotecs die bo-punt van 'n berg plat gemaak om hierdie nedersetting te bou.

















Kleurvol

Alhoewel foto's die ervaring net gedeeltelik kan weergee is dit die beste wat ons het om te verduidelik wat ons met kleurvol bedoel. Die blouste blou lug dra natuurlik by dat die kleure selfs meer uitstaan. Of dalk het dit ons net so beindruk omdat ons op die Grys eiland bly?
























































Geurig

Die kos was fantasties - vars en ongelooflik geurig. Byna elke dis van ontbyt tot aandete het tjillies in, maar dit brand selde. Daar is sowat 300 verskillende soorte tjillies wat in Mexikaanse kos gebruik word en net 'n handjie vol daarvan is warm. Elke dis word met Salsa bedien, elkeen smaak anders en is heerlik in sy eie reg. Saam met die Salsa word enige gereg vergesel met Tortillas (mielie pannekoekies) wat soos 'n vatlappie gebruik word om mee te eet. Hulle stapelvoedsel is mielies en natuurlik die alombekende swart boontjies. In die Mexikaanse weergawe van die skeppingsverhaal word vertel dat die eerste man nie uit stof nie, maar uit mielies gemaak is.

Partykeer voel dit asof ons net toer om te eet, ons eet die heeltyd.













Drink Kakao
















Koelkar



























































Vriendelik
Die Mexikane is ongelooflik vriendelik en opreg vriendelik, dws hulle wil nie net iets aan jou probeer verkoop nie.