Wednesday, February 17, 2010

Marokko

Afrika was ons bestemming hierdie afgelope Desember, Noord Afrika: Marokko. Marokko is geleë op die noord westelike punt van Afrika, aan die onderkant van die Straat van Gibraltar. Dit is 'n groot land en ons kon maar net 'n klein deeltjie sien in die week wat ons daar was (aangedui in rooi).

Op 'n manier is dit vreemd om te dink jy is in Afrika wanneer jy in Marokko is. Dit is so anders as die Afrika wat ons ken. 'n Arabiese land met 'n beskawing wat eeue terug dateer soos die res van Afrika maar met die fynste kuns en geurigste kos. Dit wys net die diversiteit op ons kontinent.

























Ons het Agadir toe gevlieg wat aan die Ooskus van Marokko geleë is. Daar het ons 'n motor gehuur en kuslangs Essaouira toe gery vanwaar ons Marrakech toe gegaan het. Die kus herinner baie aan die Suid-Kaap met ordentlike branders.

















Essaouira

















Marrakech is 'n mal plek. Dit was 'n nagmerrie om daar te bestuur en selfs te voet beweeg mens moeilik deur die hordes mense. Maar die stad het 'n feestlike atmosfeer, 'n dag of twee hier is ongelooflik, maar meer sal te veel wees. Deur die dag is die Djeema El Fina, die groot vierkant voor die Koutoubia Moskee, die bymekaar kom plek van slang hanteerders, opgeleide ape, waarsêers ensomeer terwyl die area in die aand omskep word in kosstalletjies waar mens aan heerlike Marokaanse disse kan smul.

Djeema El Fina in die dag (Marna wou nie nader gaan vir 'n beter foto nie, want sodra jy belangstelling toon gooi iemand 'n slang hier oor jou skouer van agter af en dan moet jy natuurlik 'n geldjie gee voor hulle jou weer uit los.).


































Djeema El Fina in die aand

















Gert geniet 'n mint tee

















...en skaapkop


















...'n lemoensappie

















...'n bier (Marokko is 'n Moslem land, wel van die meer liberale Moslem state meer steeds is alkohol nie vrylik beskikbaar nie, hier het die kelner vir ons skelm 'n biertjie weggesteek in ons servet).
























...en 'n heerlike Targine (Marokaanse dis voorberei in 'n tradisionele klei pot ding wat 'n Targine genoem word, hulle stowe enige iets waaraan jy kan dink in die potte gaar, baie lekker.)

















Jy kan byna enige iets in die Souks (mark) koop in Marrakech, die Marokane is baie vaardige mense en is bekend vir hulle leer-, weef- en silwerwerk onder andere. Hulle het pragtige goed daar, maar jy moet 'n bedrewe onderhandelaar wees om te voorkom dat jy ingedoen word. Gelukkig ken Gert sy storie. Hier is foto's uit die Souks.













































Marrakech is ook bekend vir sy Riads. Dit is tradisionele Marokaanse huise met 'n binnehof wat in gastehuise omskep is. Hier is die Riad waar ons gebly het.











































Marrakech se argitektuur is tipies Arabies en sorg vir pragtige foto's.






























































Hier die leer looiery in Marrakech waar leer gelooi en gekleur word. Die area het nogal 'n wilde reuk.










































Soos ons genoem met, mens kan net so lank in Marrakech oorleef. Marrakech lê aan die voet van die Atlas gebergtes en ons het saam met 'n vriend Joggie die hoogste piek in die reeks, Toubkal, gaan klim. Alhoewel Marokko lekker warm is in Desember sneeu dit in die berge en word dit natuurlik bitter koud. Om bo-op Toubkal te kom moet jy toegerus wees met "crampons" en baie warm klere. Die week voor ons teen die berg uit is het 'n man bo verkluim, mense dink seker nie Afrika kan so koud word nie, maar 4167m bo seevlak is koud op enige kontinent! Ons was baie gelukkig met 'n pragtige oop dag.




























































































Na Toubkal is Joggie huis toe en ons verder suid na die woestyn toe. Die landskap in die suide van Marokko is asemrowend. Die grond is 'n diep rooi kleur en staan uit teen die blou blou lug en as jy 'n oase raakloop kan jy die vars groen van palm bome by jou prentjie voeg. Ons het so ver gegaan as die puntjie van die Sahara woestyn waar ons baie foto's geneem het. 'n Woestyn is immers enige fotograaf se droom met die kleur kontraste, teksture en pragtige skaduwees.








































Dades kloof


















Todra kloof
































Langspad































Op die puntjie van die Sahara