Monday, December 29, 2008

Egipte

Die dat ons beide nou permanente rolle beklee en 'n nuwe beperkende faktor, verlof, in ons lewe het, het ons lanklaas die rugsak opgeneem en die wereld ingevaar.
Egipte was aanvanklik nie op ons reis agenda vir 2008 nie, maar toe die Home Office ons werkspermitte verleng binne 'n rekord 3.5 weke het ons besluit om die Kersfeeslangnaweek te verleng en die week vir Jaco en Lezanne in Egipte te gaan kuier.

Ons wou graag weer onder die water kom en het besluit om eers Sharm El-Sheik toe te gevlieg vir paar dae se duik voor ons ons weg Kairo toe gevind het om Kersfees by die WoeSteyns deur te bring. Nog 'n bonus was dat Ruan ook by hulle gekuier het.

Die duik in die Rooisee was baie mooi. Dit was lekker om weer in die water te wees. Sharm El-Sheik self het ons glad nie beindruk nie. Die dorp het geen karakter nie, dit is een hotel op die ander met McDonalds, Starbucks en wat ookal "toeriste" nie sonder kan lewe nie. Ons het na ons 2 dae se duik Dahab toe gegaan wat so uur en 'n half noord van Sharm gelee is. Dahab is baie meer ons tipe plek.

Van Dahab af het ons St Catherine klooster toe gegaan vanwaar ons Berg Sinai geklim het. Ons het 2 uur die oggend saam met honderde ander mense op voet en ander op kamele die berg uit gestap. Ons was so net na 4uur bo en moes toe wag vir die sonsopkoms, dit was ongelooflik koud. Daar het 'n ysige, ysige wind gewaai. Ons het daar ten duurste twee komberse en 'n matrassie gehuur en maar teen mekaar opgekrul om te probeer warm bly. Ons foto's is nie wonderlik nie want ons het te veel gebewe om die kamera mooi stil te hou. Dit was 'n ongelooflike gesig om die son oor die Sinai berge te sien opkom. Ek het altyd in my kop gehad dat die Israeliete sand duine op en af is oppad na die beloofde land, maar hierdie woestyn is nie sandduine nie, dit is klipperige berg op berg waaroor hulle moes trek. Geen wonder hulle het mismoedig geword en so in Moses se ore gekerm nie. Ondanks die pragtige sonsopkoms, is die koue die eerste herinnering wat by my opkom as ek aan ons uitstappie dink, dus as jy graag die berg Sinai wil uitklim, doen dit in die somer of deur die dag, mens raak hartseer koud op daardie berg.






































Die volgende oggend na ons die berg af is het ons die langpad Kairo toe aangedurf. Daar het Jaco en sy drywer Nabeel ons ontvang. Ons het kersdag by hulle villa gekuier en die laaste twee dae van ons kuier het die WoeSteyns vir ons en Ruan die piramides en ander dinge in en om Kairo gaan wys.

Die Giza piramides



















Die "Bend" Piramide
Die "Step" Piramide
Binne die Piramides
Straattoneel in Kairo
Shisha Pyppe
Kammie
Julle hoef nie lank te wag om weer van ons te hoor nie. Ons vertrek oujaarsdag Kuba toe vir 2 weke in die laaste ware kommunistiese land waar sigare, mojitos en die son vir ons wag.