Lande: Kroasië, Bosnië en Herzegovina, Serbië, Kosovo, Albanië en Montenegro
Roete:
Einde September het ons 'n ongelooflike twee week lange "road trip" deur ses lande in die Balkans onderneem. Die Balkans is die georgrafiese area waaroor die Balkans bergreeks strek. In die ou dae was die area wat ons gedek het(behalwe vir Albanië) een republiek: Jugoslawië.
Vier oorloë tydens die 90s het Jugoslawië verdeel in ses lande wat deur die VN erken word: Slovenië, Kroasië, Bosnië en Herzegovina, Serbië, Macedonië en Montenegro . Tot hede word Kosovo nie deur die VN erken as 'n onafhanklike land nie, maar baie lande doen wel. Amper twee dekades later is die tekens van die oorlog nog merkbaar, veral in Bosnië. Vir meer agtergrond:
http://en.wikipedia.org/wiki/Yugoslav_Wars
Albanië self het ook 'n stormagtige politieke geskiedenis van hulle eie, van 'n koninkryk tot Italiaanse kolonie en later een van die laaste regerings om vas te hou aan kommunisme:
http://en.wikipedia.org/wiki/Albania
Hier ons foto's met kommentaar waar interessant.
Bosnië en Herzegovina (BiH)
Omtrent die helfde van BiH is Moslems en die res van die populasie Ortodoks of Rooms Katoliek. |
Mostar van die ou brug af |
Oorlog skade |
In 1984 het Bosnië die Winter Olimpiese spele aangebied in Bjeslanica, net buite Sarajevo. Minder as 'n dekade later was Bosnië in die middel van 'n oorlog en was hierdie bergagtige deel een van die min dele in die land wat veiligheid gebied het vir Bosniërs. Ons het hier in 'n pragtige landelike dorpie, Umoljani, gebly vir twee dae.
Lam Burek |
Sagerajevo is BiH se hoofstad en was van 1992 tot 1995 beset tydens die Bosnië oorlog. Die stad is in 'n kom omring deur berge wat dit 'n maklike teiken maak vir 'n besetting.
Nicolaas het sy tweede verjaardag in Sarajevo gevier, hier sy verjaardagkoek. |
Daar is oral begrafplase in Sarajevo met die meerderheid sterfdatums tussen 1992 en 1995, die drie jaar wat die stad beset was. |
Serbië
Ons het maar deur 'n klein deeltjie van Serbië gery en net een nag daar oorgebly in Zlatibor. Sal weer daar moet teruggaan.
Kosovo
Die VN sou voel ons moet die Kosovo foto's onder Serbië sit, maar aangesien die VK Kosovo se onafhanlikheid erken en ons nou Brits is, gee ons Kosovo sy eie opskriffie.
Prizren |
Albanië
Die hoogtepunt van Albanië en dalk ons hele toer was die bootrit op die Koman meer in die noorde van Albanië vanwaar ons terug gestap het oor die asemrowende Albanië Alpe. Ons was bederf met pragtige weer wat die drie dae onvergeetlik gemaak het.
Koman meer |
Schoder, die basis vir ons sirkel roete oor die meer en berge, was 'n aangename verassing. |
Tirana die hoofstad van Albanië het ons ook beindruk. Die stad is skoon, modern en het 'n baie lekker atmosfeer. |
Suid van Tirana het ons Berat besoek. Berat staan ook bekend as dit stad van duisend vensters. Dis 'n pragtige plek en ook sentraal tot Albanië se wyn-industrie. |
Montenegro
Omdat ons al vantevore Montenegro besoek het, het ons nie lank hier oorgebly nie. Dit het ons wel weer opgeval wat 'n besonderse land dit is, 'n land van berge en see.
Sveti Stefan |
Kroasië
Ons het twee nagte in Molunat gebly, 'n klein vissersdorpie naby die grens. |
Ondanks die duisende toeriste wat Dubrovnik soos 'n miernes laat voel, is dit 'n baie indrukwekkende stad en 'n hoogtepunt van baie mense se besoek aan die Balkans. |